Stilistiese analise van nuwe-testamentiese tekste

L. Floor
1986 Koers : Bulletin for Christian Scholarship  
All too often literary stru ctu res in the New Testam ent are passed off in scholarly literature as mere literary niceties se rv in g only aesthetic ends. Too little consideration has been given to the possible exegetical sig nif icance of such stru ctu res to the interpretation of biblical tex ts. T h is article is an attempt to present an apologetic for the value of stylistic analysis of New Testament texts as an aid in interpreting the New Testam ent. It must be kept in mind that to the
more » ... cal authors, a rtistry in the use of stylistic stru ctu res was not an end in itself, but a means towards more effective communication of the message. 1. WOORD V O O R A F Ek moet allereers u aandag vra v ir die formulering van die titel van my artikel. Hierdie titel wat as 'n opdrag na my toe gekom het, praat van 'n stilistiese analise van Nuwe-Testamentiese tekste. Dit hou al dadelik 'n beperking in. Dit sal dus nie gaan oor sintaktiese ontleding, semantiese analise of redevoeringanalise nie, hoewel dit natuurlik 'n vraag bly of die een sonder die ander gedoen kan word. Daar is 'n ou d istic h o n , 'n Latynse strofe van twee reels wat bestaan uit 'n hexameter en 'n pentameter, wat v ir ons wil leer waarop die leser moet let wanneer hy 'n teks wil lees en verkla a r: Quis scopus impellens sedes tempusque Et modus, haec septem scrip tu ra attendito lector. Die leser van 'n teks moet op hierdie sewe sake let: -369-Koers 5 1 0 ) 1986 ISSN 0023-270X wie, doel, aanleiding, ve rb an d , ty d , plek en w yse. Ook die modus, die manier, die w yse waarop 'n teks tot ons kom, is v ir die analise van die teks b elang rik. Die modus bring ons dus by styl, stilistiek en stilistiese analise. Daar is natuurlik al die eeue deur aandag gegee aan styl en daar is reeds baie g e sk ry f oor stilistiek. Dit is byvoorbeeld v ir iemand met 'n redelike kennis van 'n taal gemaklik om 'n sty lfig u u r te identifiseer. 'n Student in G riek s of in die Nuwe Testament sal sonder veel moeite 'n parallelisme raaksien. Maar om die fun ksie van so 'n sty lfig u u r in die betrokke konteks te om skryf is nie so gemaklik nie. Dit bring ons by die allerbelangrikste vraag na die w aarde, die sinvolheid van stilistiese analise. Kan stilistiese analise van Nuwe-Testam entiese tekste w erklik 'n b yd rae lewer tot 'n beter verstaan van die Nuwe Testament? A n d ers geformuleer: het stilistiese analise betekenis v ir die eksegese van die teks? Op hierdie vraag word sowel positief as negatief geantwoord. Laat ons eers luister na 'n negatiewe reaksie. 'n Man soos Lloyd-Jones, wat in sy g esk rifte wel terdeë aandag gegee het aan styl en met name aan die styl van die apostel Paulus, vra by sy b esp reking van Paulus se parentesis in Rom 5:15-17: "Is this bad literary style? It is, but the Apostle frequently forgot all about style. Than k God that he did! Style has almost killed the C h ristian C h u rch and her message, it seems to me" (1976:186). Lloyd-Jones is van oordeel dat stilistiese analise van die Bybelse boodskap die kerk geen goed gedoen het nie. Die prediking het d aard eu r skade gely. "Th e manner became more important than the matter, the style mattered more than the substance" (1976:186). Daar is natuurlik die gevaar dat die vorm b elangriker geag word as die inhoud. Tereg sk ry w e Nida et a l.: "For some p ersons it is better to be able to admire the style while forgetting the message" (1983:166). Josef Zmijewski, daarenteen, is baie positief oor stilistiese analise. Hierdie metode, mits goed aangewend "erweist sich damit als wertvolle Hilfe fur die inhaltlich-theologische U n tersuchun g des Textes" (1978:439). WAT IS S T Y L ? -370-Alvorens ons gaan praat oor die nut, die waarde en die betekenis van stilistiese analise, moet ons eers v ra : wat is styl p resies? Dit lyk of styl so onbegrypbaar en so ondefinieerbaar is soos die g eur van 'n blom, die boeket van w y n , die smaak van kos of die klank van musiek. Daar kom nog dit by dat styl nie maar net 'n eienskap van taal is nie. Ons praat van die boustyl, haa rstyl, m usiekstyl, kleding styl, lewenstyl ensovoort. Ons moet ons tot die styl van taal b ep erk, maar wie probeer om dan die styl van taal te om skryf, k ry die gevoel dat hy besig is om die on g ryp b are te wil g ry p , die ondefinieerbare te wil definieer. ITier lê die oorsaak dat daar so baie pogings aangewend is om aan te dui wat styl presies is. Daar is 'n hele katalogus van styldefinisies b eskikb aar. J .W .H . A tkins gee in die eerste deel van sy L it e r a r y c r it ic is m in An t iq u it y (1952) 'n mooi oorsig van die pogings wat deur die ou Grieke aangewend is om styl te om skryf. Isocrates noem styl die spesifieke gebruik van taalkarakters. Plato is weer van oordeel dat styl ook die k a ra k ter van die sp re k e r of sk ry w e r reflekteer. V ir Aristoteles is styl weer die kuns van komposisie, van samestelling. Hy oordeel ook dat styl die emosionele karakter van 'n g e sk rif aandui. Dit is 'n groot waarheid dat styl nie van iemand se persoonlikheid losgemaak kan word nie. Almal is dit eens dat daar 'n bepaalde verhouding bestaan tussen iemand se taalgebruik en sy persoonlikheid. Buffon het gesê: "Style is the man himself" (vg l. Ullmann, 1973:64). Op 'n konferensie oor 'Style in Language' in die V SA het Roger Brown die bewering gemaak "that the style of a person is as unique as his finger p rints" (1968:378), natuurlik met hierdie ve rskil dat jou vin g erafd rukke altyd dieselfde b ly, terwyl jou styl kan veran d er. Proust het die opmerking gemaak dat styl v ir 'n sk ry w e r is wat kleur is v ir 'n skilder (vg l. Ullmann, 1973:40). Volgens T . A . van Dijk kom 'n mens met styl by die psige van die sk ry w e r en daarom moet styl in die eer.ste plek psigologies benader word (1980:2). J . P . Louw is van oordeel dat styl te doen het met die taalkundige inkleding van 'n toespraak.
doi:10.4102/koers.v51i3.937 fatcat:putu7zmvoba6lcm45vntosqpsu