A collection of Book Reviews for Volume 9, Number 1
Editorial Office
1988
Verbum et Ecclesia
Die kommentaar van J N Oswalt, hoogleraar aan die Trinity Evangelical Divinity School, Deerfield, Illinois, is bedoel om die eerste volume van twee oor die boek Jesaja te wees. Die kommentaar bestaan basies uit twee hoofdele: 'n Inleiding (tot by bladsy 76); en die grootste deel van die uitvoerige werk bestaan uit 'n gedetailleerde k o m m e n ta a r op Jesaja 1-39 (pp 77 -746). Die belangrikste sake waaraan in die inleiding aandag gegee word, is: die historiese agtergrond en datering van die
more »
... ek; die outeurskap; die teologie; die belangrikste interpretasieprobleme (d.i. die eenheid van die boek, die belangrikheid van voorspellings, die identiteit van die kneg van die Here); die funksie van die boek Jesaja binne die totale Kanon en ten slotte 'n baie volledige bibliografie van die boek Jesaja. Die kommentaar is baie uitvoerig en daar word 'n gedetailleerde vers vir vers verklaring gelewer. Dit is totaal onmoontlik om hier selfs 'n opsomming te gee van die inhoud van die kommentaar. Daarom volstaan ek met enkele basiese kenmerke van die boek. Oswalt plaas 'n baie hoë premie op die eenheid, nie net van Jesaja 1 -39 nie, maar op die eenheid van die hele boek Jesaja (d.i. 1-66). Dit as sodanig is 'n positiewe ding want die boek Jesaja is en word dikwels baie versnipper vanuit histories-kritiese kringe. Die manier waarop Oswalt die eenheid verdedig, lok egter ernstige kritiek uit: Komende uit die kringe van die sogenaamd "Evangelicals" uit die VS A hou Oswalt op fundamentalistiese wyse vas aan die Jesajaanse outeurskap, nie net van Jesaja 1-39 nie, maar van die hele boek Jesaja. Oswalt sien veral Jesaja 40-66 as voorspellings. Dié krampagtige vashou aan die Jesa jaanse outeurskap en eenheid van die boek gooi 'n skadu oor die hele kommentaar. In die lig van veral die afgelope eeu se navorsing op die boek Jesaja is so 'n standpunt net nie meer houdbaar nie. Nogtans bied die kommentaar baie stof tot nadenke. Saam met die ander kommentare in dié reeks is daar 'n goeie balans tussen die akademiese en die homiletiese fasette. Indien die kommentaar op kritiese wyse gebruik word sal dit tot veel nut wees vir sowel stu dent as pastor. Daar lê 'n magdom inligting opgesluit in dié kommentaar. W S Prinsloo A B du Toit (ed.). Guide to the N ew Testament V, NG Kerkboekhandel, Pretoria 1985, 241 pp. Prys R24,50. This series is clearly intended to meet the needs of the undergraduate student in Biblical Studies, and the present volume is eminently suited to these needs. Volume V deals with the corpus Paulinum and covers the introduction and theology thereof. It contains a mass of useful information drawn from a wide range of available literature. Although the authors frequently explain theological terms employed, it is felt that this aspect is not always adequately dealt with. There appears therefore to be a need either for a glossary of terms or else more adequate explanation in the text of the terms as they are employed. Students frequently lack the background which their lecturers take for gran ted! For example, p. 188 Lategan speaks of the "Hellenistic concept of a pneumatic hea venly being." Words like "synthesis", "existential interpretation" (p. 190) etc. assume a measure of philosophical background of which it is doubtful whether a first year student would be sufficiently aware. ISSN 0257-8891 = SKRIF EN KERK Jrg 9(1) 1988 93
doi:10.4102/ve.v9i1.984
fatcat:b3oyuexrsvbz5hkbttxxm5uorm