A collection of Book Reviews for Volume 26, Number 4

Editorial Office
1992 In die Skriflig  
Hierdie boek is 'n verwerking van die outeur se MA-verhandeling wat hy in 1979 aan die Universiteit van Pretoria geiewer het. Die belangrikste verskii tussen die verhandeling en hierdie boek, wat bykans tien jaar later gepubliseer is, is die weglating van bykans alle teoretiese en metodologiese (a.sook alle tekskritiese) bespreking. In die boek word slegs die resultate van die skrywer se semantiese redevoeringsanalise van Koiossense aangebied. Vir die oningewyde leser is dit enersyds sekerlik
more » ... ordelig om die teorie (en jargon) gespaar te wees, maar andersyds word die gebruik van die boek tog ook daardeur bemoeilik. Vir die ingewyde leser bly 'n hele aantal metodologiese en teoretiese vrae in die lug hang. Die belangrikste probleem is ongetwyfeld dat so 'n struktuur-georiënteerde lesing van 'n teks die historiese en sosiale konteks feitlik volledig ignoreer, soos ook in hierdie boek die geval is. Dit verlei die skrywer om maklik van die "ons" (die briefskrywer en sy medewerkers) en die "julle" (die lesers in eerste-eeuse Kolosse) en die "ons" (briefskrywer plus lesers in Kolosse = "ons") oor te spring na "ons" (twintigste-eeuse Christene). (Kyk byvoorbeeld p. 27: "God het ons deur Christus verlos" -my kursivering.) Dit bly 'n vraag of 'n eksklusief struktuurgeorienteerde lesing van 'n antieke teks 'n verantwoordelike lesing is, veral as direkte hermeneutiese spronge na vandag se lesers gemaak word. Aan die ander kant vereis 'n noukeurige lesing van 'n teks noodwendig dat daar op struktuurkenmerke gelet moet word; dit vorm onontbeerlik een van die onderdele van die leesproses. In hierdie (beperkte opsig) lewer hierdie boek 'n nuttige bydrae. 'n Tweede ernstige leemte in hierdie benadering is dat eerste-eeuse literêre konvensies ook onderbeklemtoon word. In die geval van hierdie analise van Koiossense 'verdwyn' die himne (1:15-20), die Haustafeln (3:18-4:1) asook die verskillende briefkonvensies as literêre vorme en as topoi binne die bespreking van die geheel van die semantiese struktuur van die brief. Van der Watt maak wel die enkele opmerking dat die (semantiese) ooreenkomste tus sen die begin en die einde van die brief, kenmerkend van die antieke briefkonvensies was (pp. 3, 106). Aan die ander kant, dit is sekeriik nie sonder waarde om aan te toon hoe al die elemente in die geskrif struktureel ingebed is in die geskrif as geheel nie. 'n Oog vir die historiese, literêre en sosiale konteks van die brief aan die Koiossense kon hierdie studie egter net so veel ryker gemaak het. Die elf perikoopringe wat Van der Watt in die brief aan die Koiossense identifiseer, vorm elk 'n eie hoofstuk in die boek. Elke perikoopring berus op een of meer peri-In die Sknflig 26(4) 1992:569-578
doi:10.4102/ids.v26i4.1438 fatcat:kelufgpc45hb5juqaxxhqey3m4