Toelating tot die bediening van die Woord met verwysing na die kerkorde van Dordrecht 1618 en 1619

Johannes Smit
2018 HTS Teologiese Studies/Theological Studies  
How to cite this article: Smit, J., 2018, 'Toelating tot die bediening van die Woord met verwysing na die kerkorde van Dordrecht 1618 en 1619', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 74(4), a5093. https://doi.org/ 10.4102/hts.v74i4.5093 Inleiding Die gereformeerde tradisie stel in sy verskillende geledinge deur eeue heen 'n hoë premie op die teologiese opleiding as 'n voorwaarde vir die toelating tot die bediening van die Woord. Die Reformasie het veral studie van die tale waarin die Bybel
more » ... orspronklik geskryf is, benadruk. In die gereformeerde tradisie word teologiese opleiding gewoonlik as 'n voorvereiste vir die toelating tot die diens van die Woord gestel. Dit geld vir alle persone wat van voorneme is om in 'n spesifieke gereformeerde kerkgemeenskap as bedienaar van die Woord te dien (KO Art 4 van die KO van Dordrecht, 1619; verder DKO), maar ook vir diegene wat moontlik reeds voorheen in 'n ander kerkgemeenskap as predikant gedien het (vgl. DKO Art 9). Kerkorde Artikel 9 veronderstel dat die aansoeker ten minste 'n basiese teologiese onderrig by 'n instansie ontvang het. Artikel 8 maak in dié verband voorsiening vir 'n interessante uitsondering, naamlik dat persone met sogenaamde 'buitengewone' (singuliere) gawes sonder die vereiste opleiding, wat by alle ander aansoeke as voorwaarde sou geld, toegelaat kan word. Die bepaling is steeds by die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in gebruik, maar nie by die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) of die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHK) nie. In die NGK is daar egter tans sprake van 'n nuwe verwikkeling in dié verband. Strauss (2016:1) wys daarop dat Artikel 8 van die Dordtse kerkorde moontlik in 'n bepaling van die kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGKO) beslag kan vind. Artikel 48.3.5 van NGKO-2011 bepaal dat 'n ouderling wat preekvergunning van die kerkraad en ring ontvang het, eredienste kan lei. Die bedoeling van Artikel 48.3.5 is dat 'n ouderling die volwaardige leiding van eredienste neem. Artikel 48.3.5 staan inhoudelik bekend as 'preekvergunning' (Strauss 2016:1). Dit verskil in dié opsig van die tradisionele 'leespreek', wat in die gereformeerde tradisie 'n geykte instelling is. Die bedoeling van 'n leespreek is nie om die bevoegdheid van die formele verkondiging van die Woord aan 'n persoon te verleen nie, maar om in spesifieke omstandighede die geleentheid te skep dat 'n goedgekeurde preek aan die gemeente gelees word (Strauss 2016:1). Daarmee ontvang die persoon nie die bevoegdheid om as predikant op te tree nie en mag daarom nie die seën voor en na die erediens uitspreek nie, en ook nie die sakramente bedien nie (Strauss 2016:1). Die toelating tot preekvergunning, wat Strauss beskryf, dui ook op 'n verskil ten opsigte van die toelating van opgeleide predikante. In teenstelling met die toelating van gelegitimeerde, oftewel opgeleide, predikante waarvoor die toestemming/instemming van die Sinode en Algemene Sinode (die breë kerkverband) vereis word, is slegs die kerkraad en die ring betrokke by die toestaan van preekvergunning (NGKO 2011:2-3) (Strauss 2016:1). This article evaluates the terms and conditions candidates have to meet before entering into the ministry. This evaluation is then set against the background of reformed presuppositions about the office of a minister of the Word. The focus is especially on the relevant articles 4, 8 and 9 of the Synod of Dordt, 1619. The article explains how the articles set out in the Church Order relate to a unique office (sui generis), namely that of the church minister. In the context of the Reformed Churches in South Africa, the practical application of these church order articles are also discussed. The question addressed is whether our understanding of the Church Order of Dordt, 1619, Article 8, represents a correct application of this church order article. Furthermore, this article illuminates the responsibilities of inter alia the curators of the Theological School Potchefstroom of the Reformed Churches in South Africa, as well as the responsibilities of the theological professors in the adjudication of application to become a minister of the Word in terms of the different church order articles. Toelating tot die bediening van die Woord met verwysing na die kerkorde van Dordrecht 1618 en 1619 Read online: Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online.
doi:10.4102/hts.v74i4.5093 fatcat:npkxqmhe6ze3bfxoctnr4mdcoy