Chanette Paul-Hughes oor lig en donker

Hannelie Marx
2006 Tydskrif vir Letterkunde  
Hannelie Marx doseer kultuur-en mediastudie in die Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria. E-pos: hannelie.marx@up.ac.za Chanette Paul-Hughes oor lig en donker Chanette Paul-Hughes se roman Leila word lig (Human & Rousseau), 'n uitvloeisel van haar meestersgraad in Skeppende Skryfwerk onder leiding van Etienne van Heerden aan die Universiteit van Kaapstad, sien die lig in 2005. As Chanette Paul is sy reeds bekend vir haar liefdesverhale, maar met Leila word lig vestig sy haarself as
more » ... romanskrywer wat ook vaardig met die minder romantiese dinge van die lewe kan omgaan. 1 Die roman Leila word lig is die verhaal van 'n middeljarige vrou wat op sowel 'n innerlike as fisiese reis gaan en in die proses leer om anders te kyk. Al dink haar vriendin Johanna sy "kla met die wittebrood onder die arm" (14) lê die hoofkarakter se huwelik aan skerwe en word sy boonop gekonfronteer met die selfmoord van haar kunstenaarsvriend en amper-minnaar, Jerome. Die doel van Leila se reis is dus tweeledig: om uitsluitsel te kry oor haar verbrokkelende huwelik en om antwoorde te soek op haar vriend se misterieuse selfmoord. Leila is oortuig daarvan dat die antwoorde waarna sy soek in Jerome se laaste beeldhouwerk opgesluit lê. Haar soektog neem haar op 'n ontdekkingsreis deur sy ontstuimige jeug, en die reis loop -onder andere -deur die Uilhuis op Nieu-Bethesda, die sielkunde en die mitologie. Haar reis eindig (of begin?) by die Vallei van Verlatenheid, opsigself 'n afgrond, waar Leila tot die konklusie kom dat al kan sy nie die afgronde bestorm nie, dit dalk juis nié die sterkstes is wat oorleef nie maar "dié wat aanpasbaar en bedag is" (253). Hier besef sy dat 'n mens nie soos Helen Martins die lig van buite af die hart kan inbring of -dwing nie, maar dat die bron "binne in ons is. Waar ons dit net moet ontdek. Ontgin. En integreer met die skadu" (253). Dié roman hoort tuis in meer as een genre. Dit is tegelykertyd 'n liefdesverhaal en 'n speurverhaal wat die leser tot aan die einde boei. Oor die hooftema van die boek sê Paul-Hughes: Ek sou graag wou hê dat die leser self hieroor besluit. Ek dink ook die klem sal by verskillende lesers op verskillende temas val. Wat die titel betref, ek hou daarvan dat mens hier werk met verskillende semantiese waardes van 'n woord. "Lig" is onder meer die teenoorgestelde van "swaar" asook die teenoorgestelde van "don-
doi:10.4314/tvl.v43i2.29755 fatcat:dzqiffgdu5a43av2d55oo2y3ty