Oor vrye kritiese meningswisseling en die skete van peripatete

Rudolf P. Botha
2013 Stellenbosch Papers in Linguistics Plus  
The critical attitude, the tradition of free discussion of theories with the aim of discovering their weak spots so that they may be improved upon, ~s the attitude of reasonableness, of rationality. Karl Popper 1969:50-51. Die siening dat vrye kritiese meningswisseling die lewensbloed van ons tradisie van wetenskapsbeoefening is, verteenwoordig allermins 'n nuwe, frisse idee. Tog is dit goed om van tyd tot tyd by herhaling te besin oor die grondslag van hierdie siening. Hierdie voorwoord doen
more » ... t deur die bet~okke siening in ~ groter wetenskapshistoriese en wetenskapsfilosofiese verband te plaas. Binne hierdie raamwerk word verder gekyk na die instelling van n spesie van geleerdes, sogenaamde Peripatete, wat vrye kritiese meningswisseling vyandiggesind is. Karl Popper (1969:50, 126, 148 e.v.) het ons tradisie van wetenskapsbeoefening sy oorsprong in die Griekse filosofie van die sesde en vyfde eeue voor Christus. In die besonder, hierdie tradisie vloei vir Popper (1969: 126) voort uit In nuwe fi losofiese tradisie wat in daardie tyd geskep is: the tradition of adopting a critical attitude towards the myths [invented in the attempt to understand nature ---R.P.B.] , the .tradition of discussing them; the tradition of not only telling a myth, but also of being challenged by the man to whom it is told. Volgens Vir Popper Ie die verskil tussen wat ons wetenskap noem, enersyds, en mite, andersyds, nie daarin dat wetenskap self geen mite is nie, maar eerder daarin dat wetenskap n tweede-orde-tradisie insluit: "that of critically discussing the myth". Popper (1969:150) voer die tradisie van vrye kritiese debat terug spes ifiek tot die Griekse geleerde Thales. Hy was nie slegs in staat om kritiek te verdra nie, maar het die tradisie gevestig dat geleerdes kritiek behoort te verdra. Meer nog, hy het sy leerlinge, by name Anaximander, aktief aangemoedig om sy idees aan kritiek te onderwerp. Om hierdie rede kon Anaximander dan ook sy beroemde leermeester, een van die Sewe Wyses, kritiseer sonder dat die kritiek tot onverdraagsaamheid of twis gelei het.
doi:10.5842/5-0-604 fatcat:5mkgxdmokjgltcipdmrnt4apnq