Betekenis en gebruik in 'n omvattende woordeboek
A.E. Van Niekerk
2014
Stellenbosch Papers in Linguistics Plus
A.E. van Nickcrk Buro van die Woordcbock van die Afrikaanse Taal Inleiding 'n Poging om die status van die leksikografie as studieterrein te bepaal, word veral dcur twee perspektiewe beinvloed. Aan die een kant is daar die leksikograwe wat huUe daarop betoem dat hulle 'n kunsvorm beoefcn wat horn nie by die rigiede, objektiewe metodiek van die moderne iinguistiek kan neerle nie. Gove (1967:7) vcrwoord di6 standpunt soosvolg: "Lexicography is not yet a science. It may never be. It is an
more »
... and subtle and sometimes overpowering art, requiring subjective analysis, arbitrary decisions, and intuitive reasoning". Aan die ander kant is daar die taalwetenskaplikes wat van die leksikograwe vereis dat hulle bantering van veral die betekenis van leksikonitems, die onderliggende laalteoretiese fondamenl weerspieel. Weinreich (1964:408) spreek hom in sy kommentaar op Weh.ster's Third Nf;y InltgrD^tional DictiOjiary uf the English Language ondubbelsinnig hieroor uit: "It is disconcerting that a mountain of lexicographic practice such as an unabridged dictionary of English should yield no more than a paragraphsized molehill of lexicological theory". Die genoemde standpunte wat oenskynlik ligjare van mekaar verwyderd 16, hoef nie noodwendig onversoenbaar to wees nie. Terwyl daar in 'n loenemende mate vanuit die laalleorie voorslellc kom van hoe daar op 'n wetenskaplike manier met die leksikon omgegaan kan word, is daar ook van die kant van leksikograwe 'n bercidwilligheid om di6 insigte toe te pas en woordeboeke op 'n suiwer teoretiese grondslag te plaas. Met di6 gedagte as uitgangspunt word daar na 'n bepaalde leksikografiese probleem, naamlik die bantering van betekenis en gebruik gekyk, ten einde te bepaal hoe en waar die taalwetenskaplike en die leksikograaf mekaar die hand kan reik. Die voorbeeldmateriaal is meestal gebaseer op ongepubliseerde manuskrip van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en kan nie as 'n aanduiding van wat in 'n volgende WAT-deel gaan verskyn, bcskou word nie. Die definisies is konsepdefinisies wat aan redaksionele bewerking onderworpe is. Die begrip "omvattend" slaan hier op enigc woordeboek -nie noodwendig die WAT niewaarbinne betekenis en gebruik in hul wydste omvang gehanteer word. Daar word terselfdertyd daarmee rekening gehou dat 'n gerigtheid op omvattende inligtingsoordrag maklik
doi:10.5842/22-0-517
fatcat:pbszbcid7nbozh5mx3mkm63sre