'n Woord van AFRILEX/A Few Words from AFRILEX
R.H. Gouws
2011
Lexikos
xii 'n Woord van AFRILEX Volgens 'n ou Kaapse gesegde is 'n vakvereniging sonder 'n eie tydskrif soos 'n spook sonder 'n laken. AFRILEX is dankbaar dat Lexikos aan ons vereniging volwaardige en omvattende spookstatus gee. Sedert sy stigting in 1995 is AFRILEX gekenmerk as 'n vereniging wat verskeidenheid vertoon. Dit is merkbaar aan sy lede wat 'n mengsel van teoretiese leksikograwe, praktiese leksikograwe en ander leksikografies geïnteresseerdes is, afkomstig uit Suid-Afrika, elders uit Afrika
more »
... en uit verskeie lande buite Afrika. Die verskeidenheid is ook sigbaar wat betref die inhoud van die jaarlikse kongresprogramme waar onderwerpe van uiteenlopende aard bespreek word. Die aard van die leksikografiese bedrywighede van ons lede, die projekte uit alle sfere van die leksikografiese praktyk en die verskillende, en dikwels opponerende, teoretiese denkrigtings vertoon ook hierdie verskeidenheid. Dit is vir AFRILEX belangrik dat ons tydskrif 'n soortgelyke verskeidenheid moet weerspieël. Vanjaar se Lexikos doen presies dit en doen dit met sukses. Die temas wat in die artikels behandel word, die herkoms van die medewerkers maar ook die verskeidenheid onderafdelings in hierdie nommer van Lexikos ondersteun die beginsel van verskeidenheid. Hierdie verskillende onderafdelings maak dit ook moontlik dat die bestek van die leksikografiese verslaggewing aansienlik verbreed word. AFRI-LEX waardeer die mate waarin so baie leksikografies geïnteresseerdes bydra tot ons tydskrif maar waardeer eweneens die sorg waarmee die redakteur, dr. J.C.M.D. du Plessis, en me. Riette Ruthven daarin slaag om daardie bydraes te kies wat die publikasie van 'n tydskrif van internasionale gehalte verseker. Die eerste nommer van Lexikos wat in 1991 verskyn het, is opgedra aan mnr. D.C. Hauptfleisch wat aan die einde van daardie jaar as Hoofredakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) afgetree het. In die huidige nommer van Lexikos word daar weer eens 'n bydrae aan mnr. Hauptfleisch gewy -'n huldeblyk hierdie keer, aangesien hy vroeër vanjaar oorlede is. AFRILEX huldig hom ook en erken graag sy bydrae tot die Afrikaanse leksikografie maar ook sy gretigheid om te help om 'n meer algemene leksikografiese gesprek in Suid-Afrika te bewerkstellig. R.H. Gouws President
doi:10.5788/18-0-472
fatcat:fbjop2s5rnaenm6vggavmer6ee