'n Voorlopige model vir die sistematiese beskrywing van gebruikersvriendelikheid in woordeboeke
Herman L Beyer
2011
Lexikos
Opsomming: Die gebruikersperspektief staan tans sentraal in die leksikografiese gesprek. Dit spruit uit die beginsel dat enige woordeboek in die eerste plek vir gebruik deur 'n bepaalde teikengebruikersgroep bedoel moet wees, en as sodanig moet die woordeboek op daardie gebruikersgroep afgestem wees -dit moet gebruikersvriendelik wees. In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat die gebruik van 'n woordeboek as 'n kommunikatiewe handeling begryp moet word, wat die geleentheid bied
more »
... insigte uit die kommunikasiewetenskap in die metaleksikografie te benut. Na aanleiding van die algemene kommunikasiemodel vir interpersoonlike kommunikasie wat in die literatuur oor kommunikasiewetenskap voorkom, word 'n leksikografiese kommunikasiemodel voorgestel. Uit hierdie model kan minstens elf leksikografiese parameters afgelei word aan die hand waarvan gebruikersvriendelikheid in woordeboeke sistematies beskryf kan word. Die struktuur wat hierdie parameters aan 'n gesprek oor gebruikersvriendelikheid in woordeboeke kan gee, bemiddel die formulering van die ware doel van 'n gebruikersvriendelike woordeboek. Abstract: A Preliminary Model for the Systematic Description of Userfriendliness in Dictionaries. The user perspective is a central notion in current lexicographical discourse. This stems from the principle that a dictionary should in the first place be * Hierdie artikel is 'n verwerking van 'n gedeelte van 'n hoofstuk uit 'n D.Litt.-proefskrif, 'n Metaleksikografiese ondersoek na konteksleiding in Afrikaanse vertalende woordeboeke, wat in April 2006 deur die Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch, Republiek van Suid-Afrika, aanvaar is. 'n Verkorte Engelse weergawe is as referaat gelewer by die Elfde Internasionale Konferensie van die African Association for Lexicography, georganiseer deur die Tshivenda Nasionale Leksikografie-eenheid, Universiteit van Venda vir Wetenskap en Tegnologie, Thohoyandou, Republiek van Suid-Afrika, 5-7 Julie 2006. Lexikos 16 (AFRILEX-reeks/series 16: 2006): 46-66 http://lexikos.journals.ac.za 'n Model vir die sistematiese beskrywing van gebruikersvriendelikheid in woordeboeke 47 meant for use by a specific target user group, and as such the dictionary should be aimed at that target user group -it should be user friendly. In this article the point of departure is that the use of a dictionary should be regarded as a communicative act, which presents the opportunity to utilise insights gained in communication science in the metalexicography. From the general communication model for interpersonal communication, as found in literature on communication science, a lexicographical communication model is developed. From this model at least eleven lexicographical parameters can be derived according to which user-friendliness in dictionaries can be described in a systematic way. The structure that these parameters can offer in debating user-friendliness in dictionaries informs the formulation of a definition for the genuine purpose of a user-friendly dictionary.
doi:10.5788/16-0-647
fatcat:er4wonwhonccrljjwyxypvu724