VERSLAE VAN NEUTRALE MILITÊRE WAARNEMERS TYDENS DIE AGLO-BOEROORLOG

C. De Jong
2012 Scientia Militaria  
Na die besetting van Bloemfontein deur die Engelse was die Boere se weermag in die Oranje-Vrystaat amper geheel ontbind. Die gebeurtenisse in die laaste helfte van Februarie en die begin van Maart (1900) het die burgers baie gedemoraliseer en die leiers was nie by magte om hul mense langer in die veld te hou nie. Op 17 Maart (1900) is in Kroonstad 'n groot krygsraad beh~om die toestand te bespreek en die verdere gedragslyn te bepaal. Wat by hierdie geleentheid behandel is, sal ek nou buite
more » ... l ek nou buite bespreking laat en net vermeld dat daar besluit is "om nie langer vaste stellings in te neem nie" en "van stryd met groot magte af te sien". Met klein kommando's onder verantwoordelike aanvoerders sou hul-Ie die vyand soveel moontlik afbreuk doen, hom eers "uitlok" en dan op "sy trek" onverwags aanval en veral ook sy agterwaartse verbindings tref. Dit was die groot verdienste van president Steyn dat hy kans gesien het om die ontmoedigde burgers weer onder die wapens en by hul kommando's te kry; danksy sy energie en die besieling wat van sy woorde uitgegaan het, kom in die loop van die eersvolgende weke weer verskeie kommando's tussen Kroonstad en Brandfort byeen. Generaal de Wet het spoedig die geleentheid gekry om te toon wat hy met 'n klein afdeling kon uitrig, onbelemmerd deur 'n groot trop waens. Sy optrede by Sannaspost was van dieselfde uitwerking as die handelinge wat in die laaste helfte van 1900 De Wet se naam op ieder se lippe gebring het. Van besondere betekenis was die sukses wat by hierdie geleentheid behaal is omdat dit die eerste was na 'n periode van groot ontmoediging en dit bygedra het tot die verbetering van die algemeen bedrukte stemming. Met my kollega Nix het ek hierdie geveg van baie digby gevolg, maar in die besonder die deel wat hom by die Koornspruit afgespeel het. Hiervan volg hier die beskrywing. Dit is uitsluitend op eie waarneming gebaseer. Slegs word enkele aanhalings uit 'n verslag van Engelse kant ter verduideliking verstrek. Die opmars Op 27 Maart (1900) in die namiddag het ons in Brandfort verneem dat generaal De Wet se voorneme was om die volgende aand vandaar uit te ruk. Op ons versoek het hy ons die volgende meegedeel: "Blykens berigte bevind 'n Engelse afdeling hom te Thaba N'chu wat klein afdelings uitgestuur het, onder meer ter beskerming van die Bloemfonteinse waterleiding. Dit is my plan om twee kommando's uit te stuur, een na die pad van Bloemfontein na Thaba N'chu om die vyandelike afdelings in die ooste van laasgenoemde dorp af te sny, en een in die rigting van Bloemfontein om moontlike versterkings wat vandaar opruk, aan te val, sodat die kommando's in die rigting van Thaba N'chu die hande vry het om met die vyand af te reken". Die besetting van Thaba N'chu deur die vyand was reeds 'n tyd lank bekend en 'n gedeelte van die verkennerskorps van Theron -'n afdeling wat na die besetting van Bloemfontein in stand en baie bedrywig gebly het -is in die rigting uitgestuur om noukeuriger gegewens te verkry. Op 28 Maart om 7 uur die aand het twee kommando's van generaal De Wet gedefileer en Brandfort verlaat; sen was 2 600 man sterk en had enkele kanonne; onder generaal Smuts" het dit in die rigting van Bloemfontein getrek; die ander was 1 500 man sterk, had 5 Kruppkanonne van 7,5 senti meter met swart buskruit, een snelvuurkanon van 3,7 sentimeter (Krupp) en een Maxim-Nordenfeld van 3,7 senti meter; dit het onder bevel van gene-54
doi:10.5787/5-2-890 fatcat:4eot34amnjb77gavoqt3pyxzri