Pharos Woordeboeke / Dictionaries 5 in 1: 5 ten volle geïntegreerde woordeboeke / Fully Integrated Dictionaries. Afrikaans-Engels / English- Afrikaans

P Louw
2010 Lexikos  
Lexikos 11 (AFRILEX-reeks/series 11: 2001): 338-341 A. Moerdijk en R. Tempelaars (redactie). Van A tot Z en verder ...: Lezingen bij de voltooiing van het WNT, 1999, 112 pp. ISBN 90 75566 79 4. URL: http://www.sdu.nl. Den Haag: SDU Uitgevers/Antwerpen: Standaard Uitgeverij. Prys ƒ24.90. In die voorwoord vermeld die redaksie dat die bundel saamgestel is uit lesings wat tydens 'n simposium ter viering van die voltooiing van die Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT) gelewer is. Dié
more » ... id het op 3 Desember 1998 in Antwerpen plaasgevind, en is deur die Instituut voor Nederlandse Lexicologie (INL) georganiseer. Tydens hierdie simposium het drie hoofredakteurs, drie vakkundiges en twee skrywers as sprekers opgetree. Die skrywers, Kees Fens en Monika van Paemel, bied uiteenlopende weergawes van hul onderskeie kennismakings met die WNT aan. Fens skilder 'n enigsins somber prentjie. Hy begin deur die leed en droefheid wat die WNT vroeg in die 20ste eeu moes verduur, weer te gee, en konsentreer verder veral op die verskil tussen die gebruik van woorde in 'n gedig en die aanbied van woorde in 'n woordeboek. Volgens hom toon 'n woordeboek, anders as 'n stuk poësie, nie 'n samehang nie: "Een verzameling woorden is niets." Hy stel dit onomwonde dat hy om hierdie rede nie 'n begeerte het om 'n woordeboek aan te skaf nie. Hy sou graag alle woorde in 'n woordeboek "tot een eindeloze ketting die tenslotte alles met alles verbindt tot een prachtig samenhangend geheel" met mekaar in verband wou bring. Anders as in die geval van Fens, is Van Paemel se ervaring van die WNT baie gunstig. Sy het ná haar eerste kennismaking daarmee nie net 'n gebruiker daarvan geword nie, maar 'n "verslaafde", iemand wat maklik weggevoer kan raak wanneer sy 'n woord in die woordeboek naslaan. Desondanks die "leesplezier" wat so 'n tasbare, gedrukte woordeboek verskaf, stel Van Paemel dit tereg dat 'n logiese ontwikkeling in die leksikografie sal wees dat woorde in 'n al hoe kleiner mate slegs in gedrukte vorm en in 'n al hoe groter mate in elektroniese vorm, bv. op CD-ROM of in 'n databasis, beskikbaar gestel sal word. Hierdie verskuiwing van 'n gedrukte weergawe na 'n elektroniese wyse van publikasie is dan ook die vernaamste besprekingspunt van die ander lesings wat in hierdie bundel verskyn. In sy lesing sê A. Moerdijk, hoofredakteur van die WNT, dat die toekoms, noudat die WNT voltooi is, nie met wanhoop tegemoet gegaan moet word nie. Hy sien die huidige leksikografiese situasie as 'n boeiende, ontwikkelende fase, en noem onder andere die gebruik van die rekenaar, elektroniese woordeboeke op CD-ROM en elektroniese databasisse as redes vir sy optimistiese toekomsperspektief. Volgens Moerdijk kan die leemtes wat in die gedrukte weergawe van die WNT voorkom, aangevul word met die elektroniese weergawe wat in 1995 op CD-ROM verskyn het. Deur gebruik te maak van die CD-ROM is aanvullende gegewens oor byvoorbeeld die woord boeken verkry deurdat soektogte buite
doi:10.4314/lex.v11i1.51336 fatcat:mnhtylpzbvaypolg365qqkwjmm