Teachers' perceptions of education support structures in the implementation of inclusive education in South Africa

Norma Nel, Lloyd Tlale, Petra Engelbrecht, Mirna Nel
2016 Koers : Bulletin for Christian Scholarship  
Inklusiewe onderwys vorm die etos van die onderwysstelsel in Suid-Afrika en resoneer met die Grondwet van die land, wat diversiteit erken en eksklusiwiteit weerstaan. Inklusiewe onderwys word ook weerspieël in die onderwysbeleid soos uiteengesit in die Education White Paper 6: Special Education -Building an Inclusive Education and Training System and the Screening, Identification, Assessment and Support (SIAS) dokument. Deurslaggewend vir inklusiewe onderwys is die voorsiening van ondersteuning
more » ... aan alle leerders en onderwysers. Die fokus van hierdie artikel is op die funksies van al die formele ondersteuningstrukture wat in plek is vir onderwysers en leerders en weerspieël die standpunte van onderwysers. Hierdie ondersteuningstrukture sluit in Distrikgebaseerde ondersteuningspanne; Institusionele ondersteuningspanne, Voldiensskole; Spesiale skole as hulpbronsentra; Leerondersteuningsopvoeders; inklusiewe onderwys en die gemeenskap. 'n Interpretatiewe navorsingsparadigma is gekies waarin gerieflikheidsteekproefneming gedoen is en data ingesamel is met gebruik van fokusgroeponderhoude. Eweknieen ledekontrole is gebruik om betroubaarheid te verseker. Die temas wat na vore gekom het was ondersteuning deur onderwysers, die rol van amptelike ondersteuningstrukture, spesiale skole en gemeenskapsamewerking. Dit was duidelik, vanuit die onderwysers se gesigspunt, dat die formele ondersteuningstrukture nie so effektief is as wat voorgehou word deur die beleid en die onderwysowerhede nie, end at die beleid ernstige herbesinning nodig het.
doi:10.19108/koers.81.3.2249 fatcat:7775tcz2vzg4rmcwlm5dcyvcpe