'n Biologies-gefundeerde hipotese in verband met die ontslaan van hakkel

I. C. Uys
1973 South African Journal of Communication Disorders  
'n Kritiese evaluasie van verskeie teorieë, sowel as navorsingsresultate op die gebied van hakkel, dui op baie leemtes, veral met betrekking tot die geheel-beeld van die probleem. Bewys word gelewer dat al die verskillende teoriee alleenlik sekere fasette van die probleem verklaar, maar nie almal nie. Die grootste onduidelikheid is veral gevind ten opsigte van die aanvang van hakkel. 'n Studie van sekere biologiese verskynsels, wat spraak- en taalgedrag ten grondslag lê, lewer 'n moontlike
more » ... aring vir sommige van hierdie onbeantwoorde vrae. Hakkel word beskou as 'n versteuring in ritmiese patroonvorming as 'n temporale verskynsel. Klem word veral gele op die fisiologiese onvermoe tot tydsberekening in die uiting van lettergrepe. Dit word gesien as 'n onder-breking in die ritmiese vloei van spraak as gevolg van 'n koordinasieafwyking, inteenstelling met onderbrekings op die supramorfemiese vlak (wat as normale spraak aanvaar word) as gevolg van besluite in verband met die ontwikkeling van sinne. Die hoop word uitgespreek dat hierdie hipotese as stimulus tot eksperimente sal dien.
doi:10.4102/sajcd.v20i1.407 fatcat:pbjwbwsdy5gtrhsjxzlilyf7pm